Vrystaatse vasbyter

Sunita Keyser laat haar nie onderkry nie. Sy was 40 jaar lank ’n boervrou – “na aan die natuur, maar dikwels soekend na woorde” – toe sy in haar middel 70’s besluit het om terug te keer universiteit toe. Sy het ingeskryf vir die tweejaar-meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), maar aan die einde van... LEES NOG

Beurs maak skryfdrome waar

Die nuus van die onverwagse dood van Johan Jack Smith, Taalgenoot-redakteur, bekroonde skrywer en die tweede Jaap Steyn-beurshouer, aan ’n hartaanval in Julie 2023 was ’n skok. Die charismatiese Johan het nie net pryse ingeryg met sy tydskrif nie. Sy misdaadroman, Zola, het in 2020 die Eugène Marais-debuutprys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang, en was op... LEES NOG

Lynthia wen eerste Jaap Steyn-beurs

Haar laatmiddag was nie “chroom” soos in Gert (Vlok Nel) se gedig nie. “Dit het ‘room’ geword soos in Oom NP se gedig,” skryf Namakwalander Lynthia Julius by die aanhoor van die nuus dat sy die eerste ontvanger is van die Jaap Steyn-beurs vir kreatiewe skryfwerk. Die Hiemstra Trust het die beurs aan die begin van 2022 ingestel, in samewerking... LEES NOG